Die fotongordel is hoofsaaklik ’n ring- of gordelvormige gebied rondom die sogenaamde Plejade-sterstelsel en spesifiek die ster Alcyone, die sentrale son van die melkwegstelsel.
Die fotongordel is ’n groot wolk vol energie wat in staat is om ’n transformasie en energieverandering van positiewe aard te laat plaasvind.
Die planeet aarde gaan deur die Fotongordel wanneer die Aarde presesseer, d.w.s. die presessie van die nagewengtes, ’n siklus van 25,920 jaar, deur die Eras van Leeu en Waterman - hierdie tydperk van 2160 jaar word die galaktiese dag genoem. Wanneer die aarde deur die ander sodiakale polariteite presesseer — Kreef/Steenbok, Tweeling/Boogskutter, Bul/Skerpioen, Ram/ Weegskaal, en Visse/Maagd - word hierdie tydperk van 10800 jaar die galaktiese nag genoem.
Planeet aarde het op 21 Desember 2012 die fotongordel, of galaktiese dag, betree toe dit vir die volgende 2160 jaar die Era van Waterman binnegegaan het.
Die vorige galaktiese dag het plaasgevind toe die aarde gedurende die Egiptiese tydperk deur die Era van Leeu gepresesseer het. Dit het 12960 jaar gelede die galaktiese dag vir 2160 jaar betree, waartydens ’n massiewe geestelike vooruitgang bereik is.
Namate planeet Aarde hierdie gebied in hierdie tydlyn betree, vind die verskuiwing van Bewussyn plaas. Die positiewe energieë van die fotongordel kan die diep geestelike bewussyn van elke entiteit ophef tot ’n geestelike ontwaking, Verligting en die vooruitgang van die menslike ras.